100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

TCM omarm operasie teen onwettige mynbou

Written by on April 8, 2024

Thaba Chweu-munisipalitieit (TCM) het die polisie se “Vala Umgodi”-operasie teen onwettige mynboubedrywighede omarm en hand bygesit om strukture wat na vermoede deur onwettige mynwerkers gebruik word, in Sabie plat te stoot.

Dit volg na die polisie Donderdag op nog ‘n gros toerusting beslag gelê het wat na vermoede gebruik word vir onwettige mynbou in die area. Onwettige mynwerkers kon egter na die bebosde rivieroewer vlug om arrestasie te ontduik.

Hoewel geen mense tydens die operasie die naweek in die strukture aangetref is nie, is daar op myntoerusting beslag gelê.

Die polisiekommissaris in Mpumalanga, luit. gen. Semakaleng Manamela, hoop die beslagleggings sal bydra tot die uitwis van onwettige mynbedrywighede in die area.

Sy het die munisipaliteit bedank vir hul ondersteuning, wat met behulp van York Timbers uitgevoer is.

Sien ook: Premier besoek Themba-hospitaal na aanvalle op personeel


×