100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ferdie Visser 18 April weer in Mosambiek-hof

Written by on April 5, 2024

Die saak teen Ferdie Visser is in Mosambiek uitgestel tot 18 April.

Hy word aangekla van bedrog en diefstal.

Hy is aangekeer na die verdwyning van John Dercksen, ‘n bekende skipper van Sodwana.

Visser het na bewering op 16 Maart Dercksen se dienste gehuur vir ‘n visvanguitstappie.

Sy boot is later uitgebrand gevind op ‘n strand in Mosambiek. Hy is nog nie weer gesien nie.

Volgens die familie was dit enkele dae na Visser uit die tronk vrygelaat is waar hy ‘n vonnis vir ‘n vorige oortreding uitgedien het.

Man vas weens vermiste skipper in Mosambiek, 26 Maart 2024

‘n Man van Komatipoort is in polisie-aanhouding in Mosambiek na die verdwyning van die bekende skipper van Sodwana, John Dercksen, ook bekend as Matambu.

Rapport berig dat ‘n toeris van Portugal die verdagte, Ferdie Visser, in Costa do Sol herken het vanweë die foto’s wat van hom deur die polisie versprei is.

Die 68-jarige Dercksen het Visser verlede Saterdag vanaf Sodwana op die see uitgeneem om vis te gaan vang by Black Rock.

Volgens die koerant het hy om 11:30 sy vriendin gebel. Hy is nie weer gesien of van gehoor nie.

Vriende en vrywilligers het op ‘n groot skaal na hom begin soek.

Sy uitgebrande boot is Sondagoggend by Dobela ontdek.

Visser het sy weg na Maputo gevind, waar hy Vrydagaand aangekeer is.

Interpol soek na vermiste skipper in Mosambiek, 20 Maart 2024

Interpol en die Mosambiekse polisie is gesamentlik besig met ‘n soektog na die vermiste skipper, John Dercksen, ook bekend as Matambu.

John Matambu

Die KwaZulu-Natalse skipper het tydens ‘n huurvaart met ‘n passasier verdwyn.

Sy boot, Magnum Too, is intussen uitgebrand op ‘n strand net Noord van Dobela in Mosambiek opgespoor.

Beide mans word vermis.

Volgens die “Friends of Sodwana” Facebook-groep is die passasier geïdentifiseer as ene Frederick Thomas oftewel Ferdie Visser van Komatipoort.

Hy gebruik glo ook die name André Cilliers of Adriaan Coetzee.

Die woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, Craig Lambinon, sê die boot was veronderstel om Saterdagmiddag na Sodwanabaai terug te keer.

Luister:

Sien ook: Verhoor van Rodney Landela begin – Radio Laeveld


×