100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pasgebore baba weggegooi in Mbuzini

Written by on August 8, 2023

Die polisie ondersoek ‘n saak van verberging van geboorte na ‘n pasgebore baba in ‘n plastieksak op sportgronde in Mbuzini weggegooi is.
Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, het ‘n groep kinders Sondagmiddag op die dogtertjie afgekom.
Gemeenskapslede kon noodhulp op haar toepas en veilig haar naelstring sny. Sy is hospitaal toe geneem waar sy bestendig is.
Enigiemand met inligting oor die ma is gevra om die polisie te kontak by 072-119-3487.
Sien ook: Valke lê beslag op gevaarlike wapens


×