100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Valke lê beslag op gevaarlike wapens

Written by on August 7, 2023

Gevaarlike wapens en ploftoestelle is Vrydagoggend in ‘n huis in Phola, Masoyi gekonfiskeer.
Die hoof van die Valke in Mpumalanga, gen. maj. Nico Gerber, het die multidissiplinêre operasie geloof.
LUISTER DIE VOLLEDIGE BERIG HIER

Volgens die woordvoerder van die Valke, kapt. Dineo Sekgotodi, hou dit verband met ‘n ondersoek na ‘n reeks rooftogte wat in Hazyview uitgevoer is.
Sien ook: Verkeersbeampte borg geweier na transitoroof
Die gevaarlike wapens sluit in vier AK-47’s, 15 magasyne en 345 rondes ammunisie wat in die plafon versteek gevind is.
Niemand was ten tyde van die soektog tuis nie.
Daar was ook ‘n verskeidenheid ploftoestelle om in transitorooftogte te gebruik sowel as koeëlvaste baadjies.
Sekgotodi sê hulle het op inligting van die publiek gereageer en doen ‘n beroep op mense om inligting met die Ondersoekdirektoraat vir Prioriteitsmisdade te deel.
Ook Vrydag is ‘n 33-jarige verdagte in besit van plotstof vasgetrek in Dientjie.
Volgens die Mpumalanga polisie het hulle ook op inligting reageer en kon die man nie permitte vir die ontstekers lewer nie.
Hy verskyn vandag op aanklagtes wat verband hou met oortreding van die Wet op Plofstowwe in die Graskop-landdroshof.


Continue reading

×