100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verkeersbeampte borg geweier na transitoroof

Written by on August 3, 2023

Die Mbombela-verkeersbeampte wat aangekeer is na ‘n mislukte transitoroof in Hazyview is gister in die Witrivier-landdroshof borgtog geweier.

Volgens die Valke is gesteelde voertuie wat tydens die roof gebruik is in Khanyisile Viola Nyalunga (29) se erf gevind. 

Sy word aangekla van poging tot moord, sameswering om ‘n transitoroof uit te voer en die onwettige besit van vuurwapens en gesteelde goedere.

Die saak is uitgestel tot 27 September.

Verkeersbeampte

Verkeersbeampte vas na mislukte transitoroof, 1 Augustus, 10:05

‘n Verkeersbeampte van Mbombela is aangekeer na ‘n mislukte transitoroof in Hazyview Donderdagmiddag.

Sekuriteitswagte van Fidelity kon die roof op die R40 in Hazyview fnuik na die gepantserde voertuig deur ‘n grys Mercedes van voor af gestamp is.

Wagte in die ondersteuningsvoertuig het op die gewapende aanvallers losgebrand en hulle het op die vlug geslaan. Geen kontant is gebuit nie.

Wagte is gewond en hospitaal toe geneem vir behandeling.

Kyk die video hier.

Die verkeersbeampte Khanyisile Viola Nyalunga (29) is Vrydag aangekeer.
Sy het gister in die Hazyview-hof verskyn op aanklagte van poging tot moord, sameswering om ‘n transitoroof uit te voer en die onwettige besit van vuurwapens en gesteelde goedere.
Verkeerbeampte vas na transitoroof (2)Verkeerbeampte vas na transitoroof (2)Volgens die Valke is gesteelde voertuie wat tydens die roof gebruik is in haar erf gevind.
Die silwer Mercedes Benz ML 250 is in Junie in Mhahla gesteel en die Mercedes Benz C-klas sedan in Vosloorus in Februarie 2021.
Nyalunga se borgaansoek gaan vandag voort.
Sien ook: Derde transitoroof in Laeveld binne vier dae


×