100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

R40 groot skoonmaak ‘n reusesukses

Written by on August 8, 2023

Die groot skoonmaak wat We Care 4 Nelspruit en die Power of 8000 verlede week op die R40 aangepak het, was ‘n groot sukses.

Vir ses dae het spanne bosse weggesny, gras gesny en rommel opgetel.

TJ Maré sê hulle kon 1 001 swartsakke met vullis en rommel vul.

Die area vanaf die kruising na Msholozi tot verby TUT aan die suidpunt van Mbombela is gedek.

Die fokus was op die middelman, sowel as sowat ‘n meter aan weerskante van die pad.

“Daar is mense wat in Rocky Drift werk en vir my sê hulle het nie geweet daar is ‘n mediaan wat ‘n sement gedeelte het nie – dit was vir so lank so oorgroei,” sê hy.

Luister weer hier:

Hy sê die projek is baie goed deur die breër publiek ondersteun.

“Ons vennootskappe het gegroei in ‘n week se tyd.

“Die gemeenskap het ingekoop en ‘n verskil gesien en vir ons op elke moontlike gebied gedra en ondersteun om ‘n sukses te behaal daarmee.”

Hulle beplan om die nuwe skoner area voorts in stand te hou.

groot skoonmaak R40 We care 4 Nelspruit

Groot skoonmaak transformeer R40, 4 Augustus 09:19

Dag 5 van die groot skoonmaak op die R40 het aangebreek.

Die R40 vanaf Rocky Drift tot in Nelspruit lyk al heel anders sedert die We Care 4 Nelspruit-span Maandag ingespring het om dit skoon te maak.

Die groep werk die hele week reeds om bosse weg te sny, gras te sny en rommel op te tel.

TJ Maré sê hulle kon teen gister 650 swartsakke vol rommel en vullis bymekaar maak.

Hy het almal vir hul ondersteuning bedank en nooi Enigiemand om betrokke te raak om te help om die projek te voltooi.

R40 skoonmaak: Dag 2 afgehandel, 2 Augustus 09:26

‘n Groot rooi trekker het ‘n “Blou Maandag” opgevrolik tydens We Care 4 Nelspruit se groot skoonmaak op die R40.

Hulle het Maandag in Rocky Drift begin om bosse weg te sny, gras te sny en rommel op tel.
TJ Maré sê hulle kon naby aan 100 000 m² skoonmaak en gister kon hulle ‘n verdere 170 000 m2 dek.
Luister hier:

“Ons het sover naby aan 200 sakke rommel en vullis bymekaar gemaak,” sê hy.

“Rocky Drift is besig om duidelik te transformeer.”

Die groot skoonmaak op die R40 duur tot Vrydag.

Sien ook: We Care 4 Nelspruit maak groot skoon volgende week


×