100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Innibos Boekenaweek eersdaags in Kaapsehoop

Written by on August 8, 2023

Die eerste Innibos Boekenaweek vind van 1 tot 3 September in Kaapsehoop plaas.
Annemarie van der Walt sê liefhebbers van lees, boeke en woorde moet dit nie misloop nie.
Feesgangers kan uitsien na boekbekendstellings, gesprekke en voorlesings met skrywers insluitende Dana Snyman (Die binneland in), skrywerfilosoof Johann Rossouw (Sluitstuk), Tony Park se Afrika-avonture (Vendetta), Kaapsehoopse skrywer Alita Steenkamp (Uit die vuur), Carina Stander (Bergengel-trilogie), Hertzogpryswenner SJ Naudè (Van vaders en vlugtelinge), Hertzogpryswenner en digter Johan Myburg (Narreskip), Tom Dreyer (Nou in infrarooi) en Stefaans Coetzer (Onbeskryflike genade).
Sy gesels met Sonop Ontbyt oor die Innibos Boekenaweek.
Luister hier:

Die Laeveldse groep digters van Words in my Mouth sal die Saterdag ook hul slag wys met die voordrag van hul gedigte.
Een van die hoogtepunte is beslis ook ‘n letterkunde-vasvra wat aangebied word deur Susan Booyens. Dié joernalis was die wenner van die meeste prysgeld sover in Wie word ’n miljoenêr?
Gert Vlok Nel is ook die Saterdagaand op die verhoog met sy beautiful woorde.
Kliek hier vir meer besonderhede oor die Boekenaweek.
Sien ook: Innibos boekgesprek met Jacques Pauw


×