100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

MEGA ontken DA se bewerings oor Varsproduktemark

Written by on March 15, 2024

Die agentskap vir ekonomiese groei in Mpumalanga (MEGA) ontken beweringe deur die DA dat dit miljarde rande wanbestee om ‘n kartel te bevoordeel deur die Mpumalanga Varsproduktemark sowel as sy hoofkwartier in Mbombela (sien hieronder).

Die agentskap voer aan dat konstruksie van die markgebou op die R37 in November 2020 aan die Mpumalanga Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer oorgedra is.

“Enige verbintenisse na Januarie 2021 kan nie aan MEGA toegeskryf word nie,” sê Madlozi Isaac Mahlangu, hoof uitvoerende beampte.

MEGA voer ook aan dat hul hoofkantoor met fondse uit die private sektor gebou is, en dat hulle dit tans huur met die opsie om te koop.

Volgens MEGA is hulle verbind tot deursigtigheid.

DA bekommerd oor moontlike planne met Varsproduktemark, 13 Maart 14:18

Die DA in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek oor die onduidelikheid rakende wie die grond besit waarop die Agentskap vir Ekonomiese Groei in Mpumalanga (MEGA) die Varsproduktemark bou.

Bosman Grobler sê die entiteit se derde kwartaallikse verslag laat dit voorkom asof hulle beplan om dit oor te dra aan ‘n private konsortium wat teen betaling die mark sal bestuur.

Die DA het gister in die wetgewer vrae hieroor aan die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Nompumeleleo Hlophe, gestel.

Sy het aangedui sy sal binne sewe dae skriftelik daarop reageer.

Luister:

Sien ook: DA vra weereens dat MEGA ontbind word


×