100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mannejag na skietdood by Steiltes sokkerbal

Written by on January 24, 2023

Die polisie is op soek na twee gewapende verdagtes wat gisteraand ‘n man by die Steiltes sokkerbal reservoir in Mbombela doodgeskiet het.
Silvester Samkelo Nkosi (34) was werksaam by ‘n maatskappy wat deur die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid gekontrakteer is.
Hy was van diens af toe hy saam met ‘n vriendin die uitkykpunt besoek het.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, het die verdagtes met Nkosi se wit Golf 7 en dienspistool gevlug.
Die vriendin is ongeskonde en kon hulp soek by die nabygeleë vulstasie.
‘n Saak van moord, roof en motorkaping word ondersoek.

Enigemand met inligting is gevra om dit met die ondersoekbeampte, speurder kol. Donald Mkhaliphi, te deel by 079-230-3126.


×