100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Borgaansoek uitgestel van drie wat glo Duitse toeris vermoor

Written by on January 24, 2023

Drie van die mans wat daarvan aangekla word dat hulle in Oktober ‘n Duitse toeris, Jörg Schnarr, tydens ‘n mislukte kaping op die Numbi-pad onderweg na die Krugerwildtuin doodgeskiet het, het vandag vlugtig in die Kabokweni-landdroshof verskyn.
Lees meer: Nog verdagtes aangekeer weens moord op Duitse toeris
Napoleon Joseph Nyalunga (35), Marshall Cebo Mamba (38) en Bongumusa Fortune Matsane (25) sou vir borg aansoek kon doen.
Volgens brig. Selvy Mohlala het die saak egter nie voortgegaan nie, omdat hul regsverteenwoordiger nie daar was om saam met hulle te verskyn nie.
Hul volgende hofverskyning is op 16 Februarie.


×