100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man in besit van plofstof in Barberton doodgeskiet

Written by on July 6, 2023

‘n 51-jarige man wat in besit was van plofstof is gisteroggend deur die polisie by ‘n huis in Barberton doodgeskiet.
Volgens die polisie het hulle inligting ontvang dat plofstof onwettig in die huis gestoor word.
Hulle het die erf betree en alle pogings aangewend om hulself as polisielede te identifiseer.
Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê die verdagte het op hulle geskiet en hulle het terug geskiet.
Die man het aan sy wonde beswyk.
Buiten ‘n vuurwapen en ammunisie is ploftoestelle en ontstekers in die huis gevind.
Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die skietery.

Die provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, sê die vlaag rooftogte gemik op kitsbanke en kontantkluise wat in Mpumalanga uitgevoer word, het hulle genoop om proaktief op te tree.
Sien ook: Twee sekuriteitswagte tydens transitoroof gewond


×