100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee sekuriteitswagte gewond tydens transitoroof

Written by on July 6, 2023

Twee sekuriteitswagte is laat gistermiddag tydens ‘n transitoroof op die R537 tussen Sabie en Witrivier gewond.
Die G4S-gepantserde voertuig is om ongeveer 17:20 deur ‘n onbekende aantal rowers aangeval.
Een van die voertuie was ‘n silwer dubbelkajuit-bakkie.
Twee sekuriteitswagte is geskiet.
Volgens bronne is die een in die kop getref en die ander in die bolyf.
Hulle is hospitaal toe gehaas.
Die aanvallers het met ‘n onbekende bedrag kontant in die rigting van Witrivier gevlug.
Niemand is nog aangekeer nie.
LUISTER DIE BERIG HIER

Sien ook: Rowers vort sonder kontant na aanval op Lydenburg-vulstasie


×