100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Lily Myn-ondersoek bevind eienaars versuim plig

Written by on October 20, 2023

Die families van die drie Lily Myn-werkers wat ondergronds vasgekeer was toe die myn in Februarie 2016 ingeval het, vra dat kriminele ondersoeke teen die myn se bestuur ingestel word.
Die Nelspruit-landdroshof het gister na ‘n geregtelike doodsondersoek beslis dat die eienaars van Lily Myn in die aanloop van die tragiese ineenstorting versuim het om behoorlike risiko-bepalings te doen soos vereis deur die Wet op Myngesondheid en -veiligheid.
Die landdros, Annamarie van der Merwe, het bygevoeg dat onwettige mynaktiwiteite ook ʼn rol in die tragedie gespeel het.
Drie werkers, Pretty Nkambule, Solomon Nyirenda en Yvonne Mnisi, is dood toe die myn ineengestort en die vraghouer waarin hulle gewerk het ondergronds begrawe is.
Van der Merwe het ook bevind die Departement van Minerale Bronne en Energie, asook die polisie, het nagelaat om die myn by te staan om onwettige mynbou te bekamp.
Die bevindings word vir moontlike strafregtelike vervolging verwys.
ActionSA in Mpumalanga het intussen die Konstitusionele Hof se weiering Dinsdag verwelkom om Vantage Goldfields toestemming te gee om te appelleer teen ‘n beslissing waarvolgens krediteure van die myn oor die sakereddingsplan moet stem.
Thoko Mashiane, die provinsiale voorsitter van ActionSA, hoop dit sal toelaat dat bedrywighede by die myn in Low’s Creek hervat word.
Sy beskryf dit as ‘n oorwinning vir die families van die drie slagoffers.

Sien ook: Lily Myn tragedie na sewe jaar herdenk


×