100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Lily Myn: Families gee ActionSA volmag vir litigasie

Written by on October 24, 2023

Die families van die drie slagoffers van die Lily Myn-tragedie het vandag aan ActionSA volmag gegee om namens hulle kriminele en siviele litigasie in te stel vir die skade wat hulle sedert die ineenstorting van die mynskag gely het.

Verteenwoordigers van ActionSA het met familielede van Yvonne Mnisi, Solomon Nyirende en Pretty Nkambule, wie se liggame sedert die ineenstorting Februarie 2016 ondergronds vasgekeer is, by die myn in Low’s Creek vergader.

Van die familielede kamp al sedert 2019 by die myn uit, in hul soeke na geregtigheid vir hul geliefdes.

Die ontmoeting volg na die Konstitusionele Hof verlede week finaal beslis het dat die myn se krediteure oor die sakereddingsplan moet stem.

Die Nelspruit-landdroshof het ook na ‘n geregtelike doodsondersoek bevind Vantage Goldfields, die polisie en die Departement van Minerale Bronne en Energie het almal hul plig versuim om die tragedie te keer.

Lees meer: Lily myn-ondersoek bevind eienaars versuim plig

ActionSA, wat die familielede reeds jare lank ondersteun, sê hulle sal nou verseker dat daar binne 14 dae van die hofbeslissing oor die sakereddingsplan gestem word, aan die Nasionale Vervolgingsgesag skryf om die verantwoordelike partye aan te kla of hulle moontlik self privaat vervolg, en ‘n siviele aksie begin vir die families om vergoed te word.

Volgens die sakereddingsplan moet ‘n nuwe skag gegrawe word, wat dit moontlik sal maak om die liggame van die mynwerkers na die oppervlak te bring, vir mynbedrywighede om hervat te kan word.

Die woordvoerder van ActionSA, Samkelo Mgobozi:

Die departement het in reaksie die beslissing van die Konstitusionele Hof verwelkom, maar sê hy bestudeer tans die van die Nelspruit-landdroshof na die geregtelike doodsondersoek.

lily myn actionsa


×