100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Juané le Roux skitter in Frankryk

Written by on July 20, 2023

Juané le Roux, ‘n gr. 10-leerder aan Hoërskool Nelspruit (NHS), het die afgelope week by die Wêreld Para-atletiekkampioenskappe vir seniors in Parys, Frankryk, haar persoonlike beste afstand verbeter en weer die Suid-Afrikaanse en Afrika-rekords verpletter.
Sy het in die F46-kategorie vir spiesgooi ‘n 11de plek behaal met ‘n afstand van 31,17 m. Sy het ook ‘n vyfde plek behaal in gewigstoot met ‘n afstand van 10,47 m.

Sy het in Mei die Suid-Afrikaanse en Afrika-rekords vir F46 vroue in gewigstoot verbeter en ‘n goue medalje ingepalm by die Wêreld-Para-atletiek-Grand Prix-byeenkoms vir seniors in Jesolo, Italië.
Sy het die gewigstoot met ‘n afstand van 10,14 m gewen. Die vorige rekords was 6,75 m in Suid-Afrika en 9,63 m vir Afrika.
In spiesgooi het sy ‘n vierde plek behaal by die byeenkoms, maar ook ‘n nuwe nasionale rekord opgestel met haar afstand van 28,20 m.
Sien ook: Juané le Roux laat weer nasionale rekords spat
In Maart het sy ook drie SA rekords vir vroue o.20 laat spat by die SA SAPD Nasionale Atletiekkampioenskappe vir liggaamlik gestremde atlete wat in Gauteng aangebied is.
Sy kon in diskus die rekord amper verdubbel van 16,29 m tot 31,70 m; in spiesgooi ‘n nuwe rekord van 25,62 m opstel teenoor die vorige 15,7 m en in gewigstoot die rekord van 6,65 m verbeter na 9,85 m.
Foto’s: Hesron Mwene Ntava


×