100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vele hande, ligte werk by Helpende Hand Laeveld

Written by on July 20, 2023

Helpende Hand Laeveld lewer al jare broodnodige dienste aan die Laeveld gemeenskap, en hulle hou aan om dit uit te brei.

Nie net bestuur die tak ‘n toebroodjieprojek by verskeie plaaslike skole nie, hulle het ook ‘n “spreekkamer” op die been gebring wat help met mediese sorg vir kinders en bejaardes.

Verder kon die Solidariteit Studiefondssentrum, wat rentevrye studielenings aan behoeftige jongmense gee, verlede jaar nege plaaslike kinders help om verder te studeer.

Elize Visser vertel meer omtrent wat hulle alles doen, en hoe hulle dit regkry.

Luister hier:

Riekie Trollip vertel ook meer oor ‘n opwindende manne-aand wat Helpende Hand Laeveld eersdaags beplan.

“Sonder jou hande kan ons geen projek doen nie,” sê Visser. “As jy kan, en jy het die tyd, ons benodig  broodnodig mense.”

Sien ook: Helpende Hand rus graadjies toe vir skool


×