100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Helpende Hand Laeveld rus graadjies toe vir skool

Written by on February 16, 2021

Solidariteit Helpende Hand het vanjaar weer verseker dat behoeftige nuwe graad-eentjies ook húl skoolloopbane afskop met alles wat hulle benodig.
Die organisasie se Laeveld-tak het elkeen voorsien van ‘n nuwe skooltas, en die nodige skryfbehoeftes, voor die skole gister heropen het.
Dit sluit in Laerskool Nelspruit, Laerskool Bergland, Laerskool Laeveld en Laerskool Witrivier.
Volgens Elize Visser, die voorsitter van die Laeveld-tak, het hulle sowat 70 tassies uitgedeel, wat redelik gemiddeld is vir wat hul reeds jaarliks vermag.
Vanjaar is die nood egter groter vir skryfbehoeftes vir ouer kinders, omdat soveel meer gesinne se finansies druk weens die Covid-19-pandemie en gepaardgaande inperking.

“In ons ervaring kom van die kindertjies skool toe met ou tasse wat ooglopend eers ‘n ouer boetie of sussie s’n was en dan het hulle soms net ‘n potloodjie of liniaaltjie.”
Die doel is om seker te maak elke kind voel nie uit of asof hy of sy ‘n agterstand het teenoor hul klasmaats nie.
“Nou het elkeen ‘n tassie waarop hulle trots kan wees en alles wat hulle nodig het,” sê Visser.
Sit sluit in ‘n Bybel, legkaart en witbordjie. Weens Covid het Helpende Hand dit vanjaar nie self aan die kinders oorhandig nie, maar dit eerder verlede week by die verskillende skole se maatskaplike werkers afgegee.


“Van die skole het nog tassies oor van verlede jaar, en ek dink daar sal nog kindertjies bykom [soos skole heropen] wat ons kan verskaf as hulle dit benodig,” voeg Visser by.
Om fondse in te samel vir die projek om ook ouer leerlinge in die Laeveld van die nodige skryfbehoeftes te voorsien, hou Helpende Hand se Laeveld-tak tot 19 Februarie (Vrydag) ‘n smullekker kerrie-en-rys verkoping teen R30 ‘n porsie.
Kontak 079-485-7779 of 079-492-4317 teen Donderdag voor 12:00 om jou bestelling te plaas.


×