100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Jong kind onder slagoffers van N4-botsing

Written by on March 30, 2023

Vier mense, waaronder ‘n kind van ongeveer twee jaar oud, is gisteraand dood in ‘n botsing op die N4 naby eMalahleni (Witbank).
Volgens die woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, het dit om ongeveer 19:00 plaasgevind toe die bestuurder van ‘n sedan beheer verloor het en in aankomende verkeer ingery het.
Hy het teen ‘n ander voertuig gebots en verskeie ander voertuie was in ‘n sekondêre botsing betrokke.
Insittendes van die twee sedans is oorlede.
Die bestuurders van die twee ligte afleweringsvoertuie wat ook betrokke was, is beseer.

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het sy medelye aan die families betuig.
“Laat ons let op ons gedrag op die pad, namate die Paas-vakansie nader kom,” sê hy.
“Ons moet die padreëls te alle tye gehoorsaam, en oplet wanneer ons agter die stuur is om lewens te kan spaar.”


×