100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mbombela hoopvol dat vol stadions toegelaat word teen All Black-toets

Written by on December 17, 2021

Die bestuur van Mbombela-stadion is opgewonde dat hulle op 13 Augustus 2022 ‘n All Black toets teen die Springbokke sal aanbied.
Roelf Kotze beskryf dit as ‘n absolute hoogtepunt vir die stad en stadion. Studies wat voorheen elders gedoen is, het die ekonomiese inspuiting op nagenoeg R100 miljoen beraam.
“In rugbyterme kan ‘n mens nie iets groter aanbied nie – dalk die Wêreldbeker, maar die Springbokke teen die All Blacks is regtig spesiaal,” sê hy.
Dié hoëprofiel-wedstryd sou in Julie 2020 plaasgevind het, maar is afgestel weens die Covid-19-pandemie. Kotze is hoopvol dat stadions teen Augustus volgende jaar tot kapasiteit vol sal mag wees.
“Ek kan nie dink dat ons dan nog met die huidige protokolle sal werk nie. Ek is seker die beplanning is vir ‘n vol stadion.”
Volgens die navrae wat hulle van regoor die wêreld ontvang het met die aankondiging van die vorige toets, glo hy die kaartjies sou binne twee weke uitverkoop het.
Die besluit om Mbombela-stadion weer ‘n geleentheid te gee om dit aan te bied, is baie welkome nuus, omdat die afgelope jare swaar was. Hoewel sokker- en rugbywedstryde aangebied is, is toeskouers nie toegelaat nie.
“Ons is in die mense-besigheid en die dilemma is dat jy nie ‘n inkomste kan verdien nie, maar instandhouding stop nie. Die stadion is nou so 12 of 13 jaar oud nou en dit eis sy tol, jy moet jou hand daarop hou.”
Intussen skop die Bongani Rainmaker Pumas hul Curriebeker-toernooi die naweek van 14 Januarie teen die Bulle af. Tweeduisend toeskouers mag tans by wedstryde toegelaat word.


×