100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verdagtes gesoek wat winkels by Tonga Mall oopblaas

Written by on December 16, 2021

Groot skade is aan verskeie winkels by Tonga Mall aangerig tydens ‘n rooftog.
Volgens die polisie se brig. Selvy Mohlala het ‘n groep aanvallers Woensdag om 01:30 die oggend ‘n sekuriteitswag vasgebind en die ander beveel om te vlug.
Met hul aankoms het ‘n skietgeveg tussen die polisie en rowers ontstaan.
In twee van die sewe winkels is plofstof gebruik om kluise oop te blaas. Selfone en klere is ook gesteel.
Volgens Mohlala is verskeie verdagtes ingeneem vir ondervraging, maar daar word steeds na sowat 15 gesoek.

‘n Sestienjarige dogter is vermis na sy eergister deur ‘n stroom in die Krokodilrivier naby Matsulu meegesleur is.
Volgens die polisie se inligting, het sy saam met drie vriende in die rivier gespeel toe die voorval plaasgevind het.
Die duikeenheid het soek steeds na haar.
Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, maj. gen. Buti Lekubu, het veral ouers aangeraai om hul kinders te keer om naby riviere en stroompies te speel en gemeenskappe gemaan om areas te vermy wat weens swaar reën oorstroom.
‘n 37-jarige man wat glo verskeie vroue verkrag en beroof het in Acornhoek en Calcutta, is Dinsdag aangekeer.
Volgens die polisie pleeg hy die misdade in die omgewing reeds sedert November 2019.
Al die sake is afsonderlik by die polisie aangegee, en deur die provinsiale eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings ondersoek.
Die man sal na verwagting môre in die hof verskyn.
‘n 57-jarige man wat daarvan aangekla word dat hy sy ses-jarige kleindogter doodgesteek het, bly in aanhouding sodat hy psigiatriese evaluering kan ondergaan.
Die man het Woensdag in die Emalahleni-landdroshof verskyn.
Volgens Mohlala is die dogtertjie Sondag in Vosman verskeie kere gesteek.
Gemeenskapslede wat die Oupa beskuldig het, het hom aangerand. Hy moes deur die polisie gered word.
Die hospitaal het Maandag bevestig dat sy aan haar wonde beswyk het.
Die saak is uitgestel tot 26 Januarie 2022.
Vier mense het in die Dientjie-hof naby Graskop verskyn op klagte van bedrog, nadat hulle vals verklarings aan die polisie gemaak het oor ‘n motorongeluk.
Volgens kapt. Dineo Sekgotodi is vyf mense in Augustus 2018 ernstig beseer in ‘n ongeluk op die R532.
Die bestuurder, Ralf Mabunele, het nie ‘n lisensie gehad nie.
Sy ma, Sylvia Mohlala, sowel as ene Shibu Neclous Mabiloane, het aangevoer dat hulle bestuur het.
Malamba Frans Khoza, die destydse polisie-bevelvoerder, het saamgewerk en die inligting gedokter.
Elk is borg van R10 000 toegestaan en die saak is uitgestel tot 10 Februarie.
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het padgebruikers gewaarksu om hierdie feestyd by die padreëls te hou.
Sedert 1 Desember is 47 000 voertuie by padblokkades in die provinsie nagegaan.
Sowat 186 mense is sonder geldige bestuurslisensies betrap en 480 is beboet weens hul bande. Nog 300 het nie nommerplate gehad nie.
Shongwe het ‘n beroep gedoen op almal om te verseker hul voertuie is in ‘n padwaardige toestand voor hulle die langpad aandurf.


×