100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Gratis toegang tot Krugerwildtuin vir SAners in September

Written by on August 18, 2023

SANParke bied in September die 18de Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeweek aan wat ook gratis toegang tot Krugerwildtuin bied.

Die doel is om die natuurlike, kulturele en geskiedkundige erfenis meer toeganklik te maak vir Suid-Afrikaners.

Die woordvoerder van die Nasionale Krugerwildtuin (NKW), Ike Phaahla, sê Suid-Afrikaners kan vanaf 18 tot 22 September gratis toegang tot die wildtuin verkry.

Landwyd word dit van 16 tot 24 September gevier met sommige van die 21 SANParke-reservate wat ook die naweke voor en na dit parkeweek hou.

Phaahla sê egter die NKW is te besig oor naweke om dit in te sluit in hul aanbieding.

Sedert sy ontstaan ​​in 2006 het nasionale Parkeweek, onder die tema “Ken jou nasionale parke”, meer as 691 418 dagbesoekers aan alle deelnemende reservate gehad.

Die hoof uitvoerende beampte, Hapiloe Sello, sê dat die idee ‘n wêreldwye tendens is.

“Dit is belangrik vir Suid-Afrikaners om die belangrikheid daarvan om nasionale parke te besoek te besef.

“Hulle bied ruimtes om volhoubare bewaring te beoefen, ons kultuur en erfenis te bewaar en te vier, en ons sien nou nasionale parke speel die noodsaaklike rol om gemeenskappe wat aangrensend woon te bemagtig deur werkskepping.

“Ons gaan voort om maniere te ondersoek om sakegeleenthede te skep – veral vir kleinsake-eienaars,” sê hy.

Sien ook: SANParke vereer Krugerwildtuin-veldwagters


×