100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Uplands bring kaalvoetdag terug

Written by on August 28, 2023

Die leerlinge van Uplands kon sedert hulle op 1 Augustus kaalvoetdag gevier het, nagenoeg 600 pare skoene insamel vir minder bevoorregte kinders.

Ouers het nuwe skoene gekoop, en leerders kon hul skoene skenk.

So is skoene van alle ouderdomme en in alle denkbare groottes ingesamel.

Alles is aan Feed the Need geskenk om te versprei tot so vêr as gemeenskappe in Kabokweni en Malalane.

Uplands kaalvoetdag

“Daar is so ‘n groot behoefte in die gemeenskap,” sê Marischa Landman en Danielle Steenkamp vir Ludi oor die projek.

Hulle sê dit leer die kinders ook dat daar ander is wat nie noodwendig skoene of klere het nie, en hulle beplan om kaalvoetdag by Uplands weer ‘n jaarlikse instelling te maak.

Luister weer hier:

Sien ook: Uplands breek grond vir hoëprestasie-sportsentrum


×