100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Finale waarskuwings vir SANParke-werknemers oor luiperdvideo

Written by on July 28, 2022

SANParke het gister die uitslag van hul ondersoek bekendgemaak na ‘n video waarin ‘n man die luiperd slaan wat op 17 Julie in die Krugerwildtuin van kant gemaak is.
Lees die vorige berig hier: Ondersoek gelas na luiperdvideo

Opdatering: Ondersoek na luiperdvideo môre verwag


‘n Kontrakteur is geskors hangende die ondersoek.
Volgens woordvoerder Ike Phaahla is vier van die nege mense wat betrek word SANParke se eie werknemers. Van hulle is drie veldwagters. Al vier het finale skriftelike waarskuwings ontvang.
Nog drie werk vir konsessies binne die wildtuin. Die persoon wat op die video die karkas slaan was ‘n besoeker en is toegang tot die wildtuin belet.
Phaahla verduidelik die redes vir hul besluit. Luister weer hier.

“Bestuur is steeds woedend oor die optrede in die video en veroordeel die aksies van die mense. Ons wou ‘n sterk boodskap aan werknemers stuur en vra verskoning aan almal wat dit moes sien,” sê hy.

Foto: Ter illustrasie


×