100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Ondersoek na luiperdvideo môre verwag

Written by on July 26, 2022

SANParke sal na verwagting môre die uitslag van hul ondersoek bekendmaak na ‘n video waarin mense die luiperd slaan wat op 17 Julie in die Krugerwildtuin van kant gemaak is. ‘n Werknemer van SANParke is geskors hangende die ondersoek.

Volgens Ike Phaahla was die persoon wat op die video die karkas slaan ‘n besoeker. Hy sê stappe moet geneem word teen sulke gedrag.

=============

22 Julie, 09:14

‘n Werknemer van SANParke is geskors na ‘n video aan die lig gekom het waarin mense ‘n dooie luiperd slaan.
Die dier is Sondag in die Krugerwildtuin van kant gemaak na ‘n aanval op ‘n werknemer in die Shalati-konsessie “om menselewens te beskerm”. Dit was die tweede voorval in die area, na ‘n werknemer op 26 Junie by die Skukuza-gholfklub aangeval is.
Die video is geneem terwyl die luiperdkarkas vir ‘n nadoodse ondersoek geneem is.
Volgens SANParke is vier van die nege mense hul eie werknemers (drie is veldwagters), drie werk vir konsessies binne die wildtuin, een is ‘n omgewingsmonitor en een ‘n besoeker. Die besoeker is geïdentifiseer en SANParke win regsadvies in oor moontlike sanksies teen die persoon.
“Dit is strydig met die etos van die organisasie vir wie die hoofdoelwit is om biodiversiteit en wildlewe te bewaar,” sê die organisasie in ‘n verklaring oor die video.
Dissiplinêre stappe teen die ander werknemers sal teen vandag gefinaliseer word en ‘n volledige verslag oor die ondersoek sal teen Woensdag bekendgemaak word.
Hulle beplan ook om ‘n bewusmakingsveldtog van stapel te stuur onder werknemers.

Foto: Ter illustrasie


×