100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Tronkstraf vir twee broers wat glo in mense handel

Written by on July 26, 2022

Die twee Mosambiekse broers wat saam met twee boere van Bethal tereg staan op aanklagte van mensehandel, is gevonnis tot drie maande gevangenisstraf of ‘n R5 000 boete, vir oorteding van die Wet op Immigrasie.

Carlos en Gabriel Guambe is Vrydag skuldig bevind. Kapt. Dineo Sekgotodi van die Valke sê die borgaansoek van hul medebeskuldigdes, pa en seun Cornelis Johannes Uys en Cornelis Johannes Albertus Uys, gaan môre in die Belfast-hof voort.

===========

13 Julie, 09:01

Die borgaansoek van die pa en seun wat aangekla word van mensehandel, is gister in Belfast uitgestel tot Vrydag.

Die klagte teen die 60-jarige Cornelis Johannes Uys en 23-jarige Cornelis Johannes Albertus Uys hou verband met 39 Mosambiekse burgers, waaronder nege kinders jonger as vyf jaar oud, sewe vroue en 23 volwasse mans wat op die plaas gered is.

Volgens die Valke is hulle per taxi uit Mosambiek na Suid-Afrika gesmokkel tot by Lydenburg waar hulle verkoop is vir handearbeid op die plaas.

=============

12 Julie 2022, 12:09

Die borgaansoek van die pa en seun wat in Belfast aangekla word van mensehandel, gaan vandag voort.
Cornelis Johannes Uys (60) en Cornelis Johannes Albertus Uys (23) het gister in die hof verskyn.

Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, word hulle aangekla van oortreding van die Wet op Mensehandel.

Die klagte hou verband met ‘n voorval waar 39 Mosambiekse slagoffers van mensehandel onlangs op ‘n plaas bevry is.

Lees die storie hier: Boere in die hof op mensehandel-klagte

Hul medebeskuldigdes, die Mosambiekse broers Carlos Bernardo Guambe (34) en Gabriel Bernardo Guambe (32), word ook aangekla van die oortreding van die Wet op Immigrasie.

Hul borgaansoek is gister laat vaar. Hulle bly in aanhouding tot hulle Maandag, 18 Julie, weer verskyn.


×