100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Slangbyt-simposium ‘n eerste vir die Laeveld

Written by on July 26, 2022

Wanneer dit by slangbyte kom, bestaan daar ‘n gaping in die mediese wêreld, maar die South African Snakebite Symposium (SASS) poog om dit aan te spreek.
Dié nie-winsgewende organisasie (NGO) wat deur Lowveld Venom Suppliers gestig is, word in hierdie taak deur niemand minder nie as Gift of the Givers ondersteun in hul pogings om veral mediese praktisyns in landelike areas te bemagtig “waar mense nie die hulpbronne of kennis het om slangbyte te behandel nie”, sê vrywilliger, Maqshuda Kajee.
Hul groter toekomsvisie is om in die langtermyn opleidingsprogramme aan te bied vir mense om slange veilig te kan vang en vry te laat, om slagoffers van slangbyte te help omdat dit hul mobiliteit en dus hul inkomste baie negatief kan raak, en om teengif, wat baie duur is, meer bekostigbaar te maak.
Chris Hobkirk het ‘n paar van Ludi se pertinente vrae beantwoord, gegewe dat slange in die Laeveld nie hiberneer nie – winter is per slot van sake mambas se paartyd…
Luister weer hier.


×