100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Boere verskyn in die hof op mensehandel klagtes

Written by on July 5, 2022

Pa en seun Cornelis Johannes Uys (60) en Cornelis Johannes Albertus Uys (23) het gister in die hof in Belfast verskyn op klagte van mensehandel.
Volgens die Valke hou dit verband met die arrestasie op 24 Junie van twee broers, Carlos Bernardo Guambe (34) en Gabriel Bernardo Guambe (32), op ‘n plaas waar 39 vermeende slagoffers van mensehandel bevry is.

In ‘n gesamentlike operasie tussen onder meer die Nelspruit blitspatrollie en departemente van arbeid en binnelandse sake is nege kinders jonger as vyf jaar oud, sewe vroue en 23 volwasse mans op die plaas gered en in ‘n plek van veiligheid geplaas.
Lees die vorige berig hier: 39 Mense van vermeende mensehandelaars gered
Volgens die Valke is hulle per taxi uit Mosambiek na Suid-Afrika gesmokkel tot by Lydenburg waar hulle verkoop is vir handearbeid op die plaas.

“Die seun van die plaaseienaar en een smokkelaar het die taxi-bestuurder ontmoet en hom betaal in ruil vir die mense, wat na die plaas geneem is as arbeiders,” sê kapt. Dineo Sekgotodi.

Die aangeklaages bly in aanhouding tot Maandag, wanneer al vier saam sal verskyn en formeel vir borgtog aansoek sal doen.


×