100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

DA wil landelike veiligheidseenhede in Mpumalanga herinstel

Written by on September 29, 2022

Die DA in Mpumalanga het ‘n beroep gedoen dat landelike veiligheidseenhede heringestel word en landelike gemeenskapspolisieëringseenhede op die been gebring word.
Dit volg op nog ‘n plaasmoord in die provinsie die afgelope week.
Jessie Henry Coleman (72) is Dinsdag vasgebind in ‘n plas bloed in sy huis op sy plaas naby Delmas gevind. Hy was ook ‘n veearts in Benoni.
Volgens Jane Sithole van die DA is misdaad buite beheer.

Dit volg op ‘n plaasmoord in die Laeveld verlede week. Die liggaam van die 52-jarige Gideon Swart is Vrydag op sy plaas buite Waterval Boven met steekwonde aan sy rug en maag en ’n gordel om sy enkels ontdek.
Lees meer: Geen arrestasies nog na Waterval Boven plaasaanval
“Misdaad is buite beheer in die land, en kriminele is daarvan bewus dat reaksietye na misdaadtonele snags swak is weens ernstige personeeltekorte in die polisiediens,” sê Sithole.
“Sonder meer stewels op die grond gaan ons nie die stryd wen nie.”


×