100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Geen arrestasies nog na plaasmoord in Waterval Boven

Written by on September 26, 2022

Die VF Plus in Mpumalanga sê die moord op sy plaas van die 52-jarige Gideon Swart dien as bewys dat plaasgeweld steeds nie ‘n prioriteit vir die owerhede is nie.
Swart se liggaam is Vrydag op sy plaas buite Waterval Boven met steekwonde aan sy rug en maag en ’n gordel om sy enkels ontdek.
Volgens Werner Weber het die VF Plus ’n versoek aan die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, gerig om samewerking tussen die polisie en landelike gemeenskappe te prioritiseer.
Hy sê nabygeleë polisiekantore moet die plase in hul omgewing patrolleer, nie net om sigbare polisiëring toe te pas nie, maar ook om gereeld by plaaseienaars besoek af te lê.
“Landelike veiligheid is heel bo-aan die party se prioriteitslys van veiligheidskwessies en die party is bereid om met plaaslike owerhede saam te werk om seker te maak dat landelike gemeenskappe beveilig word,” sê Weber.
Polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, het bevestig geen arrestasies is nog teen Maandagmiddag gemaak nie.


×