Featured

Page: 7

Die Mpumalanga polisie is op soek na inligting wat kan help in die ondersoek na twee mans wat in afsonderlike voorvalle dood is. In die eerste voorval was die lyk van ‘n man wat na bewering in sy middel dertigs tot vroeg veertigs is, deur vissermanne in die Driekoppiesdam, naby Malelane, gevind. ‘n Rugsak wat […]

Die woordvoerder van die Mosambiekse polisie, Inacio Dina, het gister beweer dat die owerhede ‘n dwelm-verslag wat die naweek gepubliseer is, ontleed. Die verslag beweer dat heroïne Mosambiek se tweede belangrikste uitvoerproduk is. Die verslag is gepubliseer deur die Departement van Internasionale Ontwikkeling van die Londense Skool vir Ekonomiese en Politieke Wetenskap.

Die Demokratiese Alliansie (DA) in Mpumalanga het gesê die departement van gesondheid in die provinsie moet onder administrasie geplaas word. Dit het gebeur tydens ‘n mediakonferensie. Dit was ‘n dag ná die provinsiale premier, Refilwe Mtsweni, die departementshoof, Gillion Mashego, met Sasekani Manzini vervang het. Jane Sithole, die DA se leier in die provinsiale wetgewer, […]

Die liggame van twee vermiste mans, is in ‘n dam op die Kismere Estate in Barberton gevind. Volgens ‘n polisiewoordvoerder is die twee mans, Mthabini Emmanuel en Mohando Joseph op ‘n bootjie die dam in, nadat ‘n professionele jagter, Jakobus Venter, ‘n seekoei op 25 Junie doodgeskiet het. Die twee mans is gestuur om die […]

Plofstof is uit ‘n stoorkamer by die Bethal-myn in Mpumalanga gesteel. Volgens Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Leonard Hlathi, is dit onduidelik hoe die verdagtes daarin geslaag het om toegang te verkry tot die stoorkamer. 120 Maxam Magex-houers is gesteel. Daar word geglo dat die plofstof gebruik word in kontant-in-transito-rooftogte, OTM-ontploffings en ander verwante geweldsmisdade.

‘n Vermeende stroper is deur veldwagters in die Kruger Nasionale Park doodgeskiet. Die woordvoerder van SANParke, Janine Raftopoulos, het bevestig dat veldwagters besig was met ‘n opvolg-operasie naby die Krokkedilbrug toe hulle op ‘n groep vermeende stropers afgekom het. ‘n Skietery het glo uitgebreek en een verdagte is doodgeskiet. Daar is ‘n .375-geweer met ‘n […]

‘n Gewapende rooftog het Sondag by die White River Square-winkelsentrum plaasgevind. ‘n Man het na bewering by ‘n winkel – wat huishoudelike ware verkoop – ingeloop en die personeel met ‘n vuurwapen gedreig. Die slagoffers het in ‘n kamer agter die winkel weg gaan kruip en hulp ontbied terwyl die verdagte na bewering kontant van […]

Die Mall @ eMba-winkelsentrum in Mpumalanga is vroeër die week geplunder en aan die brand gesteek. Die polisie het gesê voertuie is onder sommige van die eiendom wat deur betogers vernietig is. Die polisie het ‘n waarskuwing aan motoriste uitgereik om weg te bly van die omgewing, aangesien die betogers die winkels in die sentrum […]

SANParke het ontken dat dit die stryd teen renosterstropery in die Kruger Nasionale Park verloor, soos dit in ‘n verslag deur Carte Blanche beweer is. Die insetsel, “Follow the Guns” deur Kathi Lynn Austin, het onder andere beweer dat SANParke se senior personeel saam met lede van die Suid-Afrikaanse wetstoepassingsagentskappe, indirek betrokke kan wees met […]

Die twee mans wat beskuldig word van die gruwelike plaasmoord op ‘n familie van vier, by die Modderbeult-plaas in Balfour, is skuldig bevind. Die rondgaande hooggeregshof in Delmas het die duo, Amos Mthembu en die 37-jarige Prins Mngomezulu, skuldig bevind. Die hof het gehoor dat Mthembu op 28 Junie 2017, probeer het om geld van […]


Current track

Title

Artist

Background