Featured

Page: 5

‘n Mpumalanga taxi-bestuurder, Isaac Sello Letsoalo, is in die provinsie doodgeskiet. Volgens polisiewoordvoerder, brigadier Leonard Hlathi, het polisie op patrollie op Letsoale afgekom waar hy in ‘n Volkswagen Polo Vivo langs die pad gesit het. Hy is verskeie kere in die bolyf geskiet. Met verdere ondersoek is vasgestel dat die vermeende moordenaars in ‘n wit […]

Die skietdood van ‘n Kruger Nasionale Park-wildbewaarder – die eerste in meer as 50 jaar – deur beweerde renosterstropers, toon die gevaar wat bewaarders daagliks in die gesig staar. Dit is volgens Edna Molewa, minister van omgewingsake. Molewa het Saterdag saam met SANParke se uitvoerende hoof, Fundisile Mketeni, en ander SANParke-topamptenare in Bosbokrand bymekaar gekom. […]

Die watervlakke in die Mpumalanga-provinsie se damme en opvangsgebiede bly daal. Volgens die verslag van die Departement van Water en Sanitasie (DWS) se weeklikse toestand van reservoirs, het die gemiddelde damvlakke van 79,9 persent tot 79,5 persent gedaal. Al die groot damme in die provinsie het ‘n afname in die hoeveelheid water gestoor, aangeteken. In […]

Die De Beers-groep het 200 olifante eenduisend 500 kilometer – vanaf sy Venesië Limpopo-natuurreservaat in Suid-Afrika – na Mosambiek vervoer. Die operasie, een van die grootste olifant-verskuiwings wat ooit in Suid-Afrika aangeteken is, is deel van ‘n groot bewaringsinisiatief om die welsyn van wildlewe in Suid-Afrika te beskerm. Dit sal ook help om Mosambiek se […]

Mpumalanga-owerhede het bevestig dat ondersoeke na ‘n beweerde rasse-aanval – waar een man dood is – steeds voortduur. Dit is ten spyte van die vrylating van vier verdagtes wat vroeër in verband met die voorval in hegtenis geneem is. Verlede week het videobeelde wat ‘n geveg tussen twee groepe mense in ‘n stil straat in […]

Meer as honderde grondbesetters het Sondag probeer om ‘n plaas in Plaston te beset. Agt mense is in hegtenis geneem weens beweerde oortreding, brandstigting en kwaadwillige beskadiging van eiendom, het kolonel Motsholi Bhembe, polisiewoordvoerder, bevestig. Die eienaar van die plaas het aan 100.5FM gesê dat hulle van die kerk gekom het toe hulle gesien het […]

Die polisie in Mpumalanga soek na onbekende verdagtes wat die naweek twee voertuie by die Eastvaal Ford Garage in Secunda gesteel het. Die verdagtes het glo toegang tot die perseel verkry deur die motorhuis. Die motorhuisslotte is na bewering gebreek. Twee wit Ford Rangers met registrasienommers: HK 86 HL GP, en HCY 239 MP is […]

Drie verdagtes wat voor die Nkomazi streekshof verskyn het vir die besit van dagga, het elkeen borgtog van tweeduisend rand gekry. Die drie mans, Mpostol Nkuna, John Khoza en Thandazile Mathebula is Maandag in hegtenis geneem nadat die polisie gekompakteerde dagga-balle in hulle voertuig gevind het. Die polisie het nog agt verdere saamgeperste dagga-balle aan […]

Verskeie gevangenes in die Barberton maksimum sekuriteit tronk is op heterdaad betrap met onwettige middels, onder andere dwelms. Dit volg na ‘n gesamentlike operasie tussen die Departement van Korrektiewe Dienste en die Mpumalanga Openbare Orde Polisiëring-groep. Dwelms en ander onwettige produkte word deur vriende, familielede en korrupte bewaarders in die tronk ingesmokkel. Woordvoerder Hlungwani Mesia […]

Die Mosambiekse regering beplan om die herstruktureringsplan van Linhas Aéreas de Mozambique te versnel, het die land se eerste minister Maandag gesê. Die heropbou van die lugvaartmaatskappy word as ‘n prioriteit beskryf. Carlos Agostinho do Rosário, aangehaal deur die Mosambiekse staatsnuusagentskap AIM, het gesê die regering beplan om ‘n strategiese vennoot te vind om LAM […]


Current track

Title

Artist

Background