Featured

Page: 6

ʼn Taakspan is aangestel om die finansiële krisis in die Departement van Gesondheid in Mpumalanga te ondersoek. Die departement kan nie bekostig om medisyne aan te koop of vakatures te vul nie en sy skuldlas het gegroei tot ʼn miljard Rand. Die Mpumalanga gesondheidstelsel bedien 88 persent van die provinsie se bevolking. Die departement se […]

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n skietery by die Loskop-natuurreservaat waarin twee vermeende stropers doodgeskiet, en een polisieman gewond is. Die skietgeveg het glo uitgebreek nadat die polisie die twee beweerde misdadigers opgespoor het. Die spesiale taakmag het op ‘n geweer met ‘n knaldemper beslag gelê op die toneel. Die polisie se Vish Naidoo het […]

Akkurate renosterstropery-statistieke is steeds moeilik om vas te stel. Dit is aangesien die regering nie hierdie syfers gereeld bekend maak nie. Nie-amptelike statistieke toon aan die einde van April 2018, ‘n verlies van meer as 250 renosters vir die jaar tot op datum. ‘n Konserwatiewe skatting sal hierdie getal nader aan 300 bring teen middel […]

Daar was verskeie sterftes op die Laeveld-paaie die afgelope paar dae. Twee mans is dood toe ‘n voertuig in twee stilstaande voertuie op die KaNyamazane-pad gebots het. Een van die mans het glo langs sy voertuig gestaan toe die aankomende voertuig in hulle bots. Hy is na bewering op slag dood. In ‘n ander incident […]

Mosambiek se minister van Vroue, Kinders en Maatskaplike Aksie, Cidália Chaúque, sê in die jaar 2017 is minstens nege duisend kinders in die land verkrag. Dit spruit uit die vyf en twintig duisend geregistreerde gevalle van geweld in die land. Volgens die amptenaar is dertien duisend vroue gedurende hierdie tydperk ook verkrag. Om hierdie situasie […]

Twaalf verdagtes is hierdie week in hegtenis geneem op aanklagtes van onwettige stropery. Dit volg na drie afsonderlike voorvalle in die Mokopane-, en Hoedspruit-omgewing. Die verdagtes staar ook klagtes van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, in die gesig. In die een voorval is vier verdagtes tussen die ouderdomme van 23 en 44 jaar […]

Meer as tweeduisend sewehonderd beeste is met bek-en klouseer besmet in die sentrale Mosambiekse provinsie Tete. Dit is glo weens ‘n tekort aan entstowwe. Daar word geglo dat die uitbraak in November – in die distrik Doa – begin het toe beeste water oor die grens gaan drink het Claudio Gule, hoof van Veeafdeling in […]

‘n Besoeker aan die maksimum gevangenis deel van die Barberton tronk, is op heterdaad betrap waar hy dwelms probeer insmokkel het. Die voorval het plaasgevind op ‘n familiedag, waartydens gevangenes toegelaat word om ‘n volle dag saam met hul familielede te spandeer. Die besoeker, Desmond Dlamini, is in hegtenis geneem nadat verskeie poeieragtige stowwe wat […]

‘n 85-jarige vrou is dood in haar huisie by Macadamia Frail Care Centre, in Nelspruit aangetref. Die vrou, Hetta Potgieter, is glo in haar bad aangetref met ‘n serp om die nek. Haar hande was na bewering agter haar rug vasgebind. Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Erhard Stroh, het gesê dat hulle ‘n saak van moord en huis-inbraak […]

Drie sentrums vir die vetmaak van beeste sal binnekort in die suidelike provinsies Maputo, Gaza en Inhambane, gebou word. Dit is om vleisproduksie en die doeltreffendheid van die waardeketting te verbeter. Die sentrums sal in die distrikte Magude, Massingir en Inharrime gebou word as deel van die Pro-Poor Value Chain Development Project in die Maputo- […]


Current track

Title

Artist

Background