100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bontle Mashiyane: Tradisionele geneser doodgebrand

Written by on November 20, 2023

Een van die mense wat daarvan beskuldig is dat hulle Bontle Mashiyane (6) in April verlede jaar wreed vermoor het, is Saterdagaand lewend verbrand deur gemeenskapslede in Mataffin, Mbombela.
Volgens die polisie was Mangebeletane Samuel Tsela ‘n tradisionele geneser.
Hy is saam met vier ander mense aangekla dat hulle Mashiyane vermoor en vermink het.
Die aanklagte teen hom is egter in Julie voorlopig teruggetrek weens ‘n gebrek aan bewyse.
Volgens Monica Nyuswa van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) verskyn die vier beskuldigdes weer in Augustus 2024 in die Hooggeregshof.
Sien ook: Bontle-moord: Klag teen een teruggetrek


×