100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Polisie pleit vir kalmte by Lebombo-grens

Written by on November 20, 2023

Die Mpumalanga polisie pleit vir kalmte na vragmotorbestuurders en lede van die Lebombo taxi-vereniging Vrydag en Saterdag koppe gestamp het in Komatipoort.

Ingange is versper en die Lebombo-grenspos is tydelik gesluit na ‘n vragmotorbestuurder in sy been geskiet is.

Twee voertuie van die taxi-vereniging sowel as twee vragmotors is aan die brand gesteek is.

Die situasie het intussen genormaliseer.

Die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê vragmotorbestuurders is ontevrede dat dit dae neem om die grens na Mosambiek oor te steek.

Lebombo-grens: Gemoedere kook oor, 17 November 13:03

Vragmotorbestuurders het ingange na Komatipoort afgesper, glo uit frustrasie oor Lebombo-grens waar hulle soms tussen vier en vyf dae in die ry moet wag om die grens na Mosambiek oor te steek.
Sien ook: Krisiskomitee ondersoek oplossings vir Lebombo-grenspos
Die woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Moeti Mmsui, bevestig dat twee voertuie wat aan die Lebombo Taxi-vereniging behoort aan die brand gesteek is.
Kyk video

Hy kon nie berigte dat ‘n vragmotorbestuurder in die been geskiet is bevestig nie.
Lede van die Lebombo Taxi-vereniging patrolleer glo die vragmotors wat in lang rye moet staan op die N4 op pad na die Lebombo-grens.
Die kommunikasiebestuurder van TRAC, Solange Soares, raai motoriste aan om die area vir die res van die dag te vermy.

Mmusi sê die situasie geniet die hoogste aandag van wetstoepassers.
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, sal die toneel vanmiddag besoek.


×