100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bontle moord: Klag teen een teruggetrek

Written by on August 1, 2023

Die aanklagte teen een van die beskuldigdes in Bontle Mashiyane (6) se moord, is voorlopig teruggetrek.
LUISTER DIE BERIG HIER

Die dogtertjie se liggaam is in April verlede jaar vermink aangetref naby haar huis buite Witrivier.
Sien ook: Bontle se vermeende moordenaars borgtog geweier
Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, was daar onvoldoende bewyse teen Samuel Mangebeletane.
Die polisie het ten tyde van sy arrestasie aangedui dat hy ‘n tradisionele geneser is.
Hy het Vrydag saam met die vier ander beskuldigdes Vrydag in die hof in KaBokweni verskyn.
Ntombikayise Ngwenyama was ‘n buurvrou van Bontle.
Collen Hlongwane is Ngwenyama se vriend en ‘n veroordeelde moordenaar wat op parool was ten tyde van die voorval.
Philasande Tsela en Thapelo Ngomane is die ander twee aangeklaagdes.
Tsela is glo Mangebeletane se seun.
Hulle word aangekla van onder meer moord, sameswering om moord te pleeg, ontvoering en regsverydeling.
Die saak is uitgestel tot 6 Oktober vir ‘n datum in die Hooggeregshof.


×