100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bontle se vermeende moordenaars borgtog geweier

Written by on October 13, 2022

Die saak teen die vyf mense wat daarvan aangekla word dat hulle die sesjarige Bontle Mashiyane in Masoyi vermoor het, is die week in Kabokweni borgtog geweier.
Bontle het op 30 April vermis geraak by haar huis en haar verminkte, ontbindende liggaam is drie weke later daar naby gevind.
‘n Tradisionele geneser, Samuel Tsela, sowel as sy seun, Philasande Tsela, is aangekla saam met ‘n buurvrou van Bontle, Ntombi Ngwenya, en haar kêrel Collen Hlongwane.
Hlongwane is ‘n veroordeelde moordenaar wat op parool vrygelaat was ten tyde van die voorval. Die vyfde aangeklaagde is Thapelo Ngomane.
Hulle staan tereg op klagte van ontvoering, verkragting, moord en regsverydeling.
Lees meer: Nog twee verdagtes vasgetrek vir moord op Bontle Mashiyane
Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa, sê hulle verskyn weer op 5 Desember in dieselfde hof.


×