100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Updatering: Boer van Schoemanskloof vermoor

Written by on June 1, 2022

2 Junie 2022:

Die polisie is op soek na drie verdagtes wat na bewering Dinsdagaand die 57-jarige Jakes Snyman doodgeskiet het by sy huis op die plaas Koedoeshoek in Schoemanskloof. ‘n Saak van moord en gewapende roof is geopen.

Volgens brig. Selvy Mohlala is hy na vermoede buite die huis geskiet. “Daar word beweer dat die egpaar geluide buite gehoor het. Snyman het uitgegaan waar hy na vermoede geskiet is. Hy het teruggehardloop huis toe. Die verdagtes het op die deur geskiet om in te kom.”

Die aanvallers het sy vrou, Carien (48), aangerand en vasgebind in die badkamer. Hulle het die kluissleutels by haar geëis. Sy kon haarself teen die  volgende oggend bevry en hulp ontbied. Sy is in die hospitaal opgeneem.

Die huis is geplunder. Hulle het na vermoede te voet gevlug, met ‘n onbekende bedrag geld.

===========

1 Junie 2022:

‘n Boer is gisteraand op die plaas Koedoeshoop in Schoemanskloof doodgeskiet. Volgens ‘n bron wat op die toneel was, het die aanval tussen 21:00 en 22:00 plaasgevind en is die man by die agterdeur geskiet. Na vermoede het ongeveer drie mans aan die agterdeur geklop en die man deur die traliehek geskiet toe hy die deur oopmaak.
Hulle het toegang tot die huis verkry en sy vrou aangerand en vasgebind. Hulle het te voet gevlug, moontlik slegs met kontant. Sy is hospitaal toe geneem.
Die polisie fynkam steeds die toneel en sê hulle sal later meer besonderhede bekendmaak.

* Aanvanklik is berig dat die egpaar in hul vroeë 60’s is.


×