100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bloedbank help om honde, renosters te red

Written by on June 1, 2022

Dit was ‘n Kersdag en dr. Marita Raath was die veearts op roep, toe sy ‘n baie siek hond moes help wat bloed nodig gehad het.
“Dit was baie moeilik om ‘n geskikte skenker vinnig by die praktyk te kry, en die hond het baie dringend bloed nodig gehad,” sê sy.
Daar het sy besef hoeveel makliker dit sou wees as veeartse hondbloed in hul yskaste kon hou vir noodgevalle. So is die Lowveld Blood Bank gebore.
Hulle samel ook renosterbloed in, wanneer ‘n renoster in die veld gepyl word vir welke rede, vir gebruik deur Care for Wild se renosterwesies. Hulle benodig soms plasma, veral as hulle nie genoeg biesmelk by die koei kon drink nie. Dit help hulle ook om nie bakteriële infeksies te kry nie.
Sy het vir Mireille vertel hoe dit alles werk. Luister weer hier.

As jy belangstel om betrokke te raak en jou viervoetige kind ‘n skenker te maak, kontak haar by [email protected].


×