100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Antwoorde op al jou vrae oor wat vanjaar by Innibos gebeur

Written by on June 1, 2022

Sandra Jacobs van Innibos het gisteraand by Die Windpomp in Witrivier “On the couch” met Lasea Swift gesels en onthul wat beplan word vir die res van die jaar se Heeltyd Feestyd-program.

Sy sê feesgangers wil deesdae ‘n belewenis hê – hulle wil nie net vermaak word nie, maar ook deelneem. Dís hoe hulle dit regkry.

Verder verklap sy wat beplan word vir volgende jaar, onder die tema “Kom uit jou dop”.

Ja, Frikkie die feesvark met vlerke kry ‘n bababoetie – wat uit ‘n eier gebore gaan word net soos Innibos ‘n tipe hergeboorte sal ervaar wanneer die fees weer na “normaal” terug kan keer.
“Wat Innibos spesiaal maak, is ons soek altyd ‘n manier om iets daardie ekstra bietjie meer spesiaal te maak,” sê Jacobs. “Ons wil vir mense sê, dit is nie die X-faktor nie, maar die Frikkie-faktor.”
Kry intussen die volledige program vir vanjaar se aanbiedinge hier: Besoek innibos.co.za.


×