100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Hawelose man in Witrivier geskiet na onderonsie oor pizza

Written by on March 27, 2023

‘n Hawelose man is dood toe hy Saterdagaand in Witrivier geskiet is.

Volgens die polisie het hy vir ‘n verbyganger in Chief Mgiyeni Khumalo-rylaan vir ‘n pizza gevra en toe die man weier het hy hom met ‘n ketting aangerand.

Die verdagte het hom toe geskiet en in die bors en hand getref. Die 39-jarige is op die toneel aangekeer.

Die slagoffer word in sy 40’s geskat, maar hy is nog nie geïdentifiseer nie.

Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, vra dat enigiemand met inligting oor sy naasbestaandes na vore kom.

==========

Verdagte aangekeer wat man in Witrivier glo skiet – 27 Maart, 10:28

‘n Verdagte is gearresteer na hy Saterdagaand na bewering ‘n man in Witrivier doodgeskiet het.

Volgens Kyle van Reenen, die woordvoerder van Emer-G-Med wat op die noodoproep reageer het, het die twee mans ‘n hewige argument voor ‘n eetplek in Chief Mgiyeni Khumalo-rylaan gehad.

Die een het ‘n vuurwapen uitgepluk en die ander noodlottig gewond.

Die verdagte is op die toneel aangekeer.


×