100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Werker in Krugerwildtuin in haar kamer deur hiëna gebyt

Written by on February 21, 2024

Die Krugerwildtuin ondersoek die omstandighede waaronder ‘n vroulike werknemer deur ‘n hiëna gebyt is.

Volgens die wildtuin het sy in die woonkwartiere vir werknemers by Berg-en-Dal geslaap toe die dier haar aan die arm gebyt het.

Ike Phaahla, die woordvoerder van die wildtuin, sê sy is hospitaal toe gehaas vir behandeling en is tans stabiel.

Volgens die parkbestuur moes die hiëna van kant gemaak word.

Luister:

Foto ter illustrasie.

Sien ook: Sonop gaan Bos met WeWild Africa


×