100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

We Care 4 Nelspruit glo deur munisipale werkers met dood gedreig

Written by on April 3, 2023

TJ Maré van We Care 4 Nelspruit voer aan dat werknemers van Mbombela-munisipaliteit vanoggend sy werkspan se lewens gedreig het, omdat hulle kwansuis hulle hul werk kos.
LUISTER DIE BERIG HIER

Die span vrywilligers was oudergewoonte besig om die stad te help netjies maak. Vanoggend was hulle werksaam tussen Madibarylaan in die rigting van die Hooggeregshof.
Sien ook: We Care 4 Nelspruit knap dorp bietjie vir bietjie op
Maré, wat herstel van ‘n motorfietsongeluk, was nie self teenwoordig nie.
Volgens hom het sy span hom gebel om hom mee te deel dat ‘n man en twee vroue met ‘n bakkie wat duidelik gemerk is as Mbombela vullisverwydering by hulle gestop het, en glo gedreig het om hulle dood te laat maak as hulle aanhou werk.

Maré sê daar was in die verlede ‘n soortgelyke voorval waartydens ‘n man sy toerusting by hom probeer afneem het.
Hy sê hy het die voorval by die burgemeester, Sibongile Makushe, sowel as die hoof van die parke-afdeling aangemeld.
“Ons lewer ‘n diens en sal nie afgeskrik word nie,” sê hy.
Die woordvoerder van Mbombela-munisipaliteit, Joseph Ngala, sê die saak sal ondersoek word en aksie sal geneem word.
“Sulke gedrag kan nie geduld word nie,” sê hy.


×