100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Voltydse patrollies tree in werking op die Numbi-pad

Written by on July 15, 2022

Twee voertuie met twee gewapende wagte patrolleer van vandag voltyds die gedugte Numbi-pad.
Verskeie aanvalle is die afgelope maande op die pad aangemeld, veral op besoekers aan die Krugerwildtuin wat dié hek gebruik.
Lees meer: Tienermeisie geskiet na vakansie in die wildtuin
Linda Grimbeek, uitvoerende beampte van die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) sê dit is sedert die begin van die maand infaseer en word vir die volgende 12 maande deur die Toerisme-sakekamer van Suid-Afrika (TBCSA) se TOMSA befonds. Hi-Tech Witrivier is aangestel as die diensverskaffer.

Veiligheidsplanne sluit ook die oprig van gemoniteerde kameras by die hek sowel as die verkeersirkel by die afdraai in. Laasgenoemde kamera word befonds deur Mbombela-munisipaliteit wat verder die spoedhobbels op die pad sal verlaag en verf.
Verskeie veilige toerisme bewusmakingsveldtogte is ook van stapel gestuur, saam met die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid (DCSSL) en die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA).
Intussen stel die KLCBT volgende week amptelik “Mpumalanga Maandae” bekend om die area beter aan buitelanders te bemark.

Dit vloei uit samesprekings met Duitse toeroperateurs voor weeklikse vlugte vanaf Frankfurt direk na KMI-lughawe op 16 November afskop.
Leer meer hier: Vlugte binnekort direk tussen KMIA en Duitsland


×