100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vlugte binnekort direk tussen KMIA en Duitsland

Written by on February 14, 2022

Europese reisigers sal binnekort makliker en vinniger die Laeveld kan besoek wanneer direkte vlugte vanaf Frankfurt in Duitsland ingestel word na KMI-lughawe (KMIA).
‘n Filiaal van Lufthansa, sal Eurowings Discover vanaf 15 November tot 23 Maart volgende jaar drie weeklikse direkte vlugte tussen Frankfurt en KMIA onderneem, met ‘n kort stop in Windhoek.
Dit sal die eerste interkontinentale lugredery wees wat vlugte na die groter Krugerwildtuin-area bekendstel. Dit is ‘n besonders gewilde bestemming onder Duitse toeriste en kan nou vinniger en makliker as ooit bereik word.
Eurowings vlieg reeds van Frankfurt na Mombasa, Zanzibar, Mauritius en Windhoek en sal eersdaags ook Victoria Falls en Kilimanjaro in Afrika insluit.
Grant Ponting, uitvoerende hoof van KMIA, sê hulle is opgewonde, omdat Duitsland een van die provinsie se sleutelmarkte is vir toerisme.
Die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA) se uitvoerende hoof, Johannes Nobunga, noem dit ‘n droom wat bewaarheid is en het die regering se volle ondersteuning beloof om die roete ‘n sukses te maak en te groei.
Intussen het Airlink ook aangekondig dat hulle vanaf 4 April weer vlugte tussen KMIA en Durban sal hervat. Die ongeveer 70-minuut vlugte sal Maandae, Woensdae en Vrydae om 10:30 van Durban af vertrek en om 14:00 van KMIA.


×