100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Drie lyke in uitgebrande kar op plaas in Pienaar ontdek

Written by on July 18, 2022

Die polisie ondersoek drie sake van moord na die oorskot van drie mense Vrydag in ‘n uitgebrande voertuig gevind is op ‘n plaas in Pienaar buite Nelspruit.
Volgens die polisie is hulle onherkenbaar verbrand.
Kol. Donald Mdhluli sê die Hyundai i10 is die middag deur ‘n plaaswerker ontdek. Een slagoffer was in die bestuursitplek, een in die passasiersitplek, en een in die kattebak.

Hul identiteite is onbekend. Volgens Mdhluli wag hulle op die uitslae van DNS-toetse om hulle te probeer identifiseer.
Enigiemand met inligting is gevra om dit met die polisie te deel.


×