100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vliegongeluk eis Middelburg egpaar

Written by on May 20, 2025

‘n Egpaar is dood toe hul ligte vliegtuig Sondag by die Botshabelo-vliegveld in Middelburg neergestort en aan die brand geslaan het. 

Volgens die Mpumalanga polisie is Quintin Steyn (39) en Lezette Steyn (38) onherkenbaar verbrand. 

Hulle was glo vanaf Mbombela onderweg na Middelburg, waar hulle gewoon het. 

Middelburg Observer berig egter dat Quintin se pa, Raymond, aan die koerant gesê het sy seun het mense vlugritte gegee en met die laaste een, met Lezette as passasier, ‘n verbyvlug gedoen het. 

Een van Rans S-10 Sakota se vlerke het na bewering aan die grond geraak en die vliegtuig het tussen die aanloopbaan en buitenste heining neergestort. 

Die koerant berig verder dat die egpaar se kinders, twee dogters van onderskeidelik agt en 15 jaar oud, op die toneel by die vliegveld was en die tragedie gade geslaan het.

Quintin was voorheen ‘n kommersiële vlieënier. 

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek. 

*Argieffoto van ‘n Rans S-10 Sakota