100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

VIDEO: Olifantkalfie van verdrinking gered

Written by on December 29, 2022

Veldwagters het Dinsdag vir amper drie ure gewerk om ‘n babaolifantjie uit ‘n waterpoel in die Letaba-area van die Krugerwildtuin te red.
Ike Phaahla, die woordvoerder van die wildtuin, sê hoewel hulle as ‘n reël nie in die natuur inmeng nie, kan die streekveldwagter volgens hul protokol besluit om wel hand by te sit om ‘n dier te red.

In hierdie geval het dit naby ‘n openbare pad gebeur en het die noodroepe van die ma heelwat mense gelok.
Daar is ook besluit dat dit nie ‘n gevaarlike reddingspoging sou wees nie, en hulp is ontbied.
‘n Veearts het per helikopter arriveer en die Phalaborwa-veldwagters kon die baba, wat net ‘n paar weke oud is, met ‘n tou uit die poel trek.
Volgens Phaahla is die olifantkoei ‘n middel ingee om haar te kalmeer sodat sy nie die reddingspoging belemmer nie. Sy en haar kleintjie is daarna herenig.

KYK: Veldwagters red die kalfie

KYK: ‘n Luiperd loer terwyl die ma by haar baba waak


×