100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Beweerde voertuigsmokkellaars in die Krugerwildtuin aangekeer

Written by on December 28, 2022

Twee beweerde voertuigsmokkellaars wat op Kersdag in die Krugerwildtuin aangekeer is, verskyn vandag in die hof.
Die twee burgers van Mosambiek is in besit gevind van twee Toyota Hilux-bakkies wat vroeër die maand in Delmas en Daveyton as gesteel aangemeld is.
Die polisie sê hulle vermoed die verdagtes het die polisieaktiwiteite op die N4 probeer vermy deur deur die wildtuin te ry.
Beide voertuie het vervalsde nommerplate gehad.
Naspoortoerusting in een het ‘n sein uitgestuur en die polisie en SANParke se sekerheidspersoneel is in kennis gestel.
Die eerste verdagte is by Afsaal aangekeer.
Hy het hulle in kennis gestel van die tweede voertuig en verdagte wat ook aangekeer is.


×