100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

2022 Hoogtepunte #3: Nuwe era vir toerisme met direkte Europese vlugte

Written by on December 28, 2022

Op 16 November het ‘n nuwe era vir toerisme in die Laeveld aangebreek met die eerste direkte interkontinentale vlug van Europa wat by Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI) Lughawe geland het.
Eurowings Discover is ‘n filiaal van Lufthansa wat nou heeljaar direkte vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland via Windhoek bied.
Afhangende van die vraag kan die weeklikse vlugte tot drie per week vermeerder word.
KYK: Die eerste vlug van Duitsland land by KMI-lughawe

Die geleentheid is bygewoon deur plaaslike toerismerolspelers, belangrike persone soos die burgemeester van Mbombela, Sibongile Makushe, verteenwoordigers van die lugredery en Europese toeroperateurs.
Lees hier wat hulle oor die aangeleentheid te sê gehad het: Nuwe era vir toerisme in die Laeveld met direkte Europese vlugte


×