100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nuwe era vir toerisme in die Laeveld met direkte Europese vlugte

Written by on November 17, 2022

Die eerste direkte interkontinentale vlug van Europa het gister by Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI) Lughawe geland.
Eurowings Discover, ‘n filiaal van Lufthansa, bied nou direkte vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland via Windhoek.

Die vlug het gister om 14:10 met 80 passasiers aanboord geland. Hulle is verwelkom met ‘n watersaluut en feestlike seremonie.

Volgens Mduduzi Vilakazi, waarnemende uitvoerende beampte van die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA), bewaarheid die roete ‘n droom.

“Dit sal besoekersgetalle aan die provinsie verhoog en ons sien daarna uit om aan toeriste van Duitsland ‘n onvergeetlike ervaring van ons wildlewe, natuurskoon, kultuur en erfernis te verskaf.”

Nomasonto Ndlovu, operasionele beampte van SA Tourism, en Duitsland se ambassadeur aan Suid-Afrika, Andreas Peschke, het bevestig hoe ‘n belangrike mark Duitsland vir Suid-Afrikaanse toerisme is.

Helmut Wölfel, kommersiële hoof van Eurowings Discover, sê dit is ‘n opwindende nuwe era vir toerisme in die Laeveld en hulle is trots om KMI-lughawe tot hul netwerk te voeg.

André Schulz, algemene bestuurder in Suidelike en Oos-Afrika vir die Lufthansa groep, sê 80 passasiers het met die eerste vlug aangekom.

Oupa Pilane, voorsitter van Satsa en Kruger-Laeveld-toerisme, sê dit verteenwoordig ‘n ongelooflike finansiële inspuiting vir die hele area.

Mbombela burgemeester, Sibongile Makushe, sê die munisipaliteit sal toerisme-rolspelers ondersteun om te verseker die roete is ‘n sukses.

Vir Laevelders wat van die vlugte gebruik maak, is dit maklik om vanaf Frankfurt na die res van Europa te reis met die geïntegreerde Lufthansa-netwerk.
Lees ook: Direkte vlugte vanaf Duitsland eersdaags by KMIA


×